Mia Botha
Hoërskool Ermelo
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Skool se matriekafskeid bygewoon?
NEE
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek is eintlik ’n kaalvoet, boomklim, buitelug-meisie wat lief is vir perde. Ek dra selde rokke, maar vir my matriekafskeid wou ek graag vir ’n slag een dra. Dit was vir my belangrik om gemaklik te voel en steeds net ek te wees.
Anel Botha het die rok ontwerp, en die diep sakke (sodat ek nie ’n handsak hoef te dra nie) was beslis ’n wenner! Ek het my rooi Heart-Break Converse saam met my rok gedra — dit het perfek by my persoonlikheid gepas.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Die bloedrooi rok het pragtig gelyk met my pikswart liefling perd, Moon Shadow. Die fotosessie op die plaas Perdekraal was pure pret – net ek, my perd en hope goeie herinneringe wat ek altyd sal koester.
Datum van matriekafskeid?
2025-10-02