Anri du Plessis
Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria
Tuisdorp
Pretoria
Skool
Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Ek het met die idee vir my rok na Sunè Couture gegaan en sy het my droom rok laat realiseer.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Die inspirasie agter my rok was beslis die kleur. Die diep oranje-bruin is warm, lewendig en anders. Die lae en vloeiende ontwerp gee ‘n sagte, dromerige gevoel, maar ook ‘n bietjie drama. Dit is ‘n rok wat my lewendig en warm laat voel en hope selfvertroue gee.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My matriekafskeidrok is ‘n simbool van afsluiting en nuwe begin. Dis vir my ‘n herinnering aan selfvertroue, vreugde en die mooi einde van een hoofstuk voordat die volgende begin. Elke keer as ek daaraan dink, onthou ek hoe spesiaal daardie aand was; vol opwinding, dankbaarheid en ‘n bietjie nostalgie.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die hoogtepunt van my matriekafskeid was definitief die aankoms. Die verskillende rokke, style en kleure was só mooi, dis asof elkeen se persoonlikheid skielik in kleur voor jou staan. Ek het so opgewonde gevoel om te sien hoe pragtig almal lyk in die spesiale rokke waaroor ons al die hele jaar praat! Alles het bymekaar gekom — die rokke, die atmosfeer, die glimlagte. Dit was daardie gevoel van: wow, die dag is hier!
Planne vir na matriek
My plan is om Aktuariële Wetenskap te gaan studeer. Ek was nog altyd lief vir wiskunde en uitdagings, so ek sien baie uit na die nuwe hoofstuk vol groei en geleenthede.
Gunsteling woord in Afrikaans
Sprankel
Datum van matriekafskeid
2025-10-07