Lana le Roux

Hoërskool Ermelo

Tuisdorp

Ermelo

Skool

Hoërskool Ermelo

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ek het die rok gekoop by Li's Fashion in Ermelo.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My 2de oudste sussie het my gevat om rokke te pas en een te kies wat waarlik my as mens beskryf. Na vele rokke wat ek gepas het en niks vir my uit gestaan het nie was ons na Li's Fashion toe, wat ons laaste opsie was. Net daar sien ek my rok wat net vir my "WOW" was, die rok het my persoonlikheid beskryf en my soos 'n prinsess laat voel.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriekafskeidrok beteken vir my ongelooflik baie. Dit het my 'n hupstoot gegee om te sien hoe waarlik pragtig ek kan lyk en soos te kan prinsess laat voel. Na 'n op windinde paar dae voor my matriekafskeid het dit my dag gemaak toe ek my rok aantrek en sien hoe mooi ek lyk.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogtepunt van my matriekafskeid was om hierdie spesiale dag met my familie en vriende te deel. Om een laaste skool bywooning saam met al die ander matriek leerders waar almal die aand geniet het en gepraat het oor al die jare se opwindinde stories.

Planne vir na matriek

Ek wil gaan 'n administrative werk gaan doen en oor 'n paar jaar die man van my drome trou en 'n familie begin.

Gunsteling woord in Afrikaans

Realia

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media