Robin Le Roux

Hoër Volkskool Heidelberg

Tuisdorp

Heidelberg - GP

Skool

Hoër Volkskool Heidelberg

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ek het self my matriekafskeidrok ontwerp deur twee verskillende rokke saam te kombineer as een. Dit is gemaak deur Lizan Zondagh van Lizan Zondagh Couture. Sy het my droomrok laat lewe kry — elke detail presies soos ek dit voorgestel het. Haar kreatiwiteit en fyn oog vir detail het gemaak dat die rok nie net perfek is nie, maar ook ’n ware weerspieëling van wie ek is.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Enige jong meisie se droom was iewers op n stadium in hulle lewe, om n prinses te wees. Met n pragtige balrok, haksoene en n charmante prins aan hul sy. Die inspirasie agter my matriekafskeidrok kom van Belle se ikoniese geel balrok uit Beauty and the Beast. Ek het nog altyd gedink haar rok is sag, elegant en tydloos — dit straal warmte, selfvertroue en ’n bietjie van daardie “fairytale magic” uit.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Alhoewel my rok deur Belle geïnspereer is, is dit tog die perfekte uitbeelding van wie ek is. My rok is sag, eenvoudig en elke liewe detail met soveel sorg gemaak, my menswees in die vorm van n rok. My lewe is my eie sprokiesverhaal, en die rok is deel van hierdie betowerde hoofstuk in my storieboek waar ek vir ’n oomblik die prinses is — die weergawe van myself wat ek as klein dogtertjie altyd gedroom het om te wees.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogtepunt van my matriekafskeid was toe ek uiteindelik op die aand kon uitstap in my rok en alles waarvoor ek maande lank uitgesien het, bymekaar gekom het. Die opgewondenheid, die glimlagte, die musiek en my vriende het alles so besonders gemaak. Om die aand saam met my metgesel, Werner, te deel en die mooi oomblikke vas te vang saam met ons fotograaf, Obelya Fourie, was die kersie op die koek — dit was ’n aand vol pret, lag en herinneringe wat ek vir altyd sal onthou.

Planne vir na matriek

Na matriek beplan ek om eers ’n gapjaar te neem om werkservaring op te doen en bietjie van die wêreld rondom my te ervaar. Vir my dit is belangrik om tyd te neem om te groei en te ontdek wat my inspireer. Daarna wil ek graag Interior Design gaan studeer, want ek het ’n groot passie vir kreatiwiteit, styl en die vermoë om ruimtes te verander in plekke wat mense goed laat voel. Ek sien dit as die perfekte manier om my liefde vir ontwerp en detail in iets betekenisvol te verander.

Gunsteling woord in Afrikaans

Fantasmagories

Datum van matriekafskeid

2025-10-17

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media