Micke Ludick
Helpmekaar Kollege
Tuisdorp
Kempton Park
Skool
Helpmekaar Kollege
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Lizan Zondagh Couture
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek was nog altyd geïnspireer deur Prinses Belle uit Beauty and the Beast. Haar goue rok en vriendelike gees het my altyd laat dink aan ware skoonheid en warmte. Ek wou graag daardie gevoel vasvang, sag, vol selfvertroue en ‘n bietjie van ‘n droomwêreld. Ek sal sê dat my rok my persoonlikheid ook weerspieël, want ek hou daarvan om mense te maak lag en om almal te leer ken.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My matriekafskeidrok beteken dat ek vir een dag iets kan dra wat nie skoolklere is nie! Maar eintlik is my matriekafskeidrok soos ‘n viering van wie ek is en wat ek alles bereik het. Dit laat my spesiaal voel op ‘n dag wat net vir my is, en dit herinner my aan hoe ver ek gekom het. Dit het my laat voel soos die hoofkarakter van my eie storie.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die hele matriekafskeid was vir my ‘n hoogtepunt so dis moeilik om te kies! Maar my hoogtepunt was defintief die mooi maak en om soos ‘n prinses te voel. Natuurlik was dit ook my gunsteling deel om almal se rokke te sien en hoe elke een se smaak verskil.
Planne vir na matriek
Ek gaan by Akademia Ondernemingsbestuur gaan swot in Pretoria en ek sien ongelooflik baie uit daarna. Dit voel soos ‘n kans om myself nog beter te leer ken.
Gunsteling woord in Afrikaans
vreugde
Datum van matriekafskeid
2025-10-04