Junelle Miske

Dirk Postma

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse


Skool se matriekafskeid bygewoon?

vrolik

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Enige iemand wat my ken weet ek dra geel. Ek wil amper sê "ek is geel". Ek het al van jongs af komplimente gekry as ek geel gedra het en so het ek dit meer begin dra. Geel is ook die kleur wat kreatiwiteit verteenwoordig, en ek is 'n baie kreatiewe persoon, soos mense my ook al baie gesê het. So dit was vir my logies dat ek dit gekies het. Ek kan nie dink watse ander kleur my rok kon wees nie. Die ding wat ek verbaasend die meeste gehoor het op my matriekafskeiddag was dat dit so goed by my pas. Dit is ek. En die ontwerp: ek het, soos ek genoem het, op Pinterest gaan soek waarvan ek hou en toe met dié idee/kombinasie opgekom. Ek het ook geweet dat ek 'n uurglas figuur is - die ideale vrou figuur - en so ek wou my dun middel beklemtoon. Ek wou baie graag 'n pofferige onderkant hê, maar toe besef ek dat ek dan uit proporsie gaan lyk, so toe sien ek dié moue en besef ek dadelik dat dit weer my rok bo sal uitbalanseer en saambind tot 'n eenheid.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Baie. Dit is nie net 'n fisiese 'ding' wat my, wie ek is, uitbeeld nie, maar dit het gemaak dat ek my drome en 'n prestasie kon bewaarheid. Ek wou nog altyd met my rok, bene aan dieselfde kant (anders as wat ek gewoond is in al die jare wat ek al perdry. Ja, ek het 'n paar keer dit voor die tyd geoefen!), en natuurlik op 'n perd by die matriekafskeid aankom. Nie 'net nóg' 'n kar nie, maar op 'n terapeutiese maat wat my al deur al die jare van skool gehelp het. En met dié rok kon ek vier dat ek (amper) matriek klaar gemaak het - ten spyte van my gehoorgebrek of fisiese en geestelike uitdagings. My rok het dit moontlik gemaak dat ek kan wys dat ek ook 'n gewone persoon is, nes die ander.

Datum van matriekafskeid?

2025-10-03

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media