Alicia Scholtz

Hoerskool Dinamika

Tuisdorp

Alberton

Skool

Hoerskool Dinamika

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My ma het my rok by Coco Belle gekoop in Randburg.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek het met 'n paar idees gespeel. My ma het 'n "two-tone" idee gehad, maar ek is 'n plain Jane - lol! Sy het vir my gese ek het net 2 werklike groot aandrok geleenthede - matriek afskeid en my troudag. Daarom moes ek tog net 'n bietjie "bling" in my rok he. Iewers het ek die idee gekry van 'n metaal grys kleur met my blou oe... Ons het gedink om die rok te laat maak en soos vele ander jong meisies rokke begin aanpas. By Coco Belle kon ons 4 rokke kies. Almal was pragtig! Die verkoopsdame het gese dat daar 'n spesiefieke rok was wat sy wou he ek moes aanpas sodra ons klaar was met ons keuses. So stap ek in 'n champagne rok met "bling" van kop tot toon uit die aantrek kamer uit. Ek het voor die spieel gaan staan en my mond het oopgehang :). Ek en my ma het vir mekaar gekyk en geweet dat hierdie my rok was. Die kleur, die tydlose styl, hoe die rok aan my gesit het... Dis was perfek!

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriek afskeid het met 'n bitter-sweet gekom. My pa is in Maart 2023 onverwags oorlede aan 'n hartaanval ... Ek is geseend om 'n baie noue verhouding met my ma te he. Sy is my ma, maar sy is ook my beste vriendin en daarvoor is ek so dankbaar. Ons het geweet my groot dag sonder hom gaan moeilik wees ... en een van hierdie dae is juis my matriekafskeid waarna ek al so lank uitsien. Dus, daar is ook 'n ander kant aan my rok en dis vir my pa.... My ma se: "Pappa se plain Jane / visvang nooi / neus-in-die-boeke dogter gaan op haar mooi dag 'n groot glimlag op sy mooi blas gesig sit. Daar was natuurlik groot trane die dag voor die matriekafkeid, maar met ons Vader se genade was die dag self, 'n mooi en onvergeetlike een. Die rok se kleur het hom in die Hemel verteenwoordig.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Elke deel van die dag was pragtig. Die oggend het begin met 'n bos spierwit rose... Tydens die haar en grimeer afspraak het ek op die ingewing van die oomblik iets aan my hare en grimeering verander, waarvan ek toe baie gehou het. Daarna het ons die foto's gaan neem. My kerel het hierdie gedeelte van die dag vol lag gemaak, met sy lawwe aanmerkings. Die fotograaf het vir my ma gese dat dit een van haar lekkerste shoots was - dit was net gemaklik en spontaan. Daarna het ons 'n uur saam met familie gaan spandeer waarna almal skool toe is om te gaan kyk hoe ons twee die rooi tapyt betree. Die funksie self was by Thaba ya Batswana. Die lokaal was pragtig versier, die matrieks het stunning gelyk en ons het herinniringe om ons 'n leeftyd te hou. Ek kan werklik se die hele ervaring was 'n fees!

Planne vir na matriek

Ek is goedgekeur om as CA student by Potchefstroom te gaan studeer en gaan in koshuis Kasteel bly. Ek het nog altyd 'n liefde vir nommers. My ouers het nie die voorreg gehad om op universiteit te studeer nie en hierdie was ook 'n droom van hulle vir my. Ek is super opgewonde oor hierdie volgende hoofstuk van my lewe. Dit maak my hart nog gelukkiger om te weet dat ek iets doen wat deel van my pa se droom vir my was.

Gunsteling woord in Afrikaans

Sielsrus

Datum van matriekafskeid

2025-10-03

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media