Iné Vorster

C & N Sekondêre Meisieskool Oranje

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse


Skool se matriekafskeid bygewoon?

Piekfyn

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Die tema van ons matriekafskeid “Wees eg en skyn” was die inspirasie agter my rok. Die goue kleur was vir my die perfekte uitbeelding hiervan omdat dit met elke beweging “skyn” en lig uitstraal. Die kunstenaar in my was ook op soek na ‘n unieke ontwerp met `n WOW-element wat eie aan my kreatiewe persoonlikheid is. Daarom moes my rok interessante detail hê en uit elke hoek anders deur die kameralens lyk.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My goue rok beteken vir my meer as net ‘n mooi uitrusting, dit is ‘n weerspieëling van my persoonlikheid. Dit gaan vir my daaroor om eg aan myself te wees en op my eie unieke manier te skyn. Die gestruktureerde detail by die heup en hoë been-split voeg ’n moderne, koninklike flair by, terwyl die metaalglinstering van die stof ‘n gevoel van tydlose glans en selfvertroue uitstraal. As iemand wat fynere detail waardeer, het al die weldeurdagte ontwerpelemente wat harmonie en elegansie aan hierdie rok verleen (en dit van gewoon na buitengewoon verander), my verwagtinge oortref!

Datum van matriekafskeid?

2025-10-02

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media