Kaira Visser
Hoërskool Stellenbosch
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Asemroowend
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek het aan die begin geen inspirasie gehad nie.Ek het oral rokke aangepas om te kyk waarvan ek hou en watter kleur by my pas.My Instagram was volle rokke van verskillende style en kleure en elkeen heel anders as n ander.Na baie stres het ek van drie rokke gehou en toe die driek rokke in een gesit om een rok te kry.Ek was baie skepties omdat ek nie net een inspirasie foto gehad het om terug na te kyk om te weet hoe my rok sal lyk nie ek moes maar my kreatiwiteit en verbeelding gebruik.Na nagte se wakker lê en stres ,was dit uiteindelik die moeite werd en ek het verlief geraak op my rok.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My rok beteken vir my onsaglik baie.Elke meisie wag vir die dag van kleins af.Ek het altyd toe ek jonger was saam my ma en susters die program op Via "My Matriekafskeid "gekyk.Ek het altyd uitgesien om die meisies se rokke te sien wat hulle kies en hoe dit perfek by hulle pas.My rok is vir nog meer spesiaal omdat Ilse my suster se rok gemaak het en nou myne ook.My rok beteken vir my baie omdat dit my as persoon beskryf en my hele persoonlikheid uitbeeld.
Datum van matriekafskeid?
2025-10-04