Kelly Quiterio

Hoërskool Linden

Tuisdorp

Honeydew

Skool

Hoërskool Linden

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Opsoek na die perfekte matriekafskeid rok, het ek natuurlik gedraai na Google toe. Ek het n website ontdek by die naam “Stacees”. Hulle is n Amerikaanse maatskappy wat spesialiseer in aandrokke, trourokke en matriekafskeidrokke. Toe ek hulle vertel get van my droom rok het hulle dadelik gesê dat hulle my drome waar kan maak. Hulle het my mates gevra en die rok spesiaal vir my gemaak. Die rok was toe ingevoer. By die rok was n gratis stuk materiaal vir my metgesel se das sodat die kleur perfek was.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My rok is geinspireer deur die “Disney princess” droom waarna elke meisie smag. My hoof doel vir my matriek afskeid was om soos n prinses te lyk, dus bevat die styl baie ruffeltjies sowel as n korset bo kant. Ek wou baie graag n kleur kies wat anders sou wees as enige ander rok wat ek al ooit te vore gedra het, dus wou ek weg bly van pastel kleure af en ek wou regtig iets kies wat pop. Hierdie rok simboliseer hoe ek vir een laaste aand my dogtertjie drome kon uit leef voordat ek die grootmens wêreld betree. Ek wou nog altyd soos n prinses lyk en hierdie rok het my drome n werklikheid gemaak.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriekafskeid rok is al my drome in een gesit. Dis die rok wat ek al oor droom vandat ek 10 jaar oud was besig om “my matriekafskeid” op die TV skerm te bewonder. Hierdie rok wys my persoonlikheid. Dit is my binneste buite gebring vir die wêreld om te sien. Vir my dien dit as n simbool van hoe ek totsiens sê vir die dogtertjie deel van my en hoe dit my laaste dogtertjie oomblik is voordat die grootmenslewe begin. Hierdie rok was deel van n grooter prentjie, n droom. Die rok pas perfek by my hare en agtergrond van my fotos en ek kon nooit vir beter vra nie. Hierdie rok was my prinses oomblik. Hierdie rok is in my oë alles en meer.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

As ek dink aan n hoogtepunt,spring iets duidelik meer voor as al die res, en vir my was dit die rooitapyt. Ek wou graag iets doen waaraan niemand anders sou dink nie. Dus het die nommerplate van ons bussie my metgesel se naam sowel as myne bevat. Toe ons uitklim en almal gil het dit my hartjie so bly gemaak en op daai oomblik was daar nêrens anders waar ek wou wees nie. Ons het ballonne laat gaan wat rooi en swart was sowel as 2 groot deurskynende ballonne met silver glitter binne en daarop het gestaan “matriekafskeid 2025”. Toe ek en my metgesel (wat ook my kêrel is) af stap kon woorde nie my opgewondenheid beskryf nie. My kêrel het my 2 keer in die ronde gedraai voordat ons voor die tapeit gestaan het vir n foto. “Hoogtepunt” is nie al wat daai oomblik was vir my nie. Dit was soveel meer. Dit was my laaste totsiens.

Planne vir na matriek

Hierdie is n vraag wat my nog altyd bietjie laat skrik het. Ek het altyd gedink ek is die enigste een wat nie weet wat die toekoms vir my inhou nie, maar ek weet nou dat ek nie alleen staan nie en dat elke matrikulant so voel. Ek kan seker hier aangaan oor hoe ek beplan om in IT te werk, en tydelik te leer vir my bcom, maar ek dink die vraag is nie wat ek wil wees na matriek nie, maar eerder wie ek wil wees. Ek wil my ouma en oupa se grootste trots wees. Ek wil my ma en pa se glimlag wees. Ek wil my niggies en nefies se pret wees. Ek wil my vriende se rots wees, en ek wil my boetie se veiligheid wees.

Gunsteling woord in Afrikaans

Uitdaging

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media