Danielle Rust

Hoër Meisieskool Bloemhof

Tuisdorp

Stellenbosch

Skool

Hoër Meisieskool Bloemhof

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My rok is ontwerp deur Anene van Ferreira Couture (Strand). Alhoewel ek al vir twee jaar lank met n prentjie van my droomrok rondloop, het Anene daardie prentjie geneem en iets heeltemal anders - en soveel beter - geskep. Sy het vir my 'n rok ontwerp wat my persoonlikheid perfek vasvang.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek wou nog altyd 'n matriekafskeidrok in die kleur "fuchsia" gehad het. Die kleur is helder, vrolik en vol lewe. Ons het egter besef dat materiaal in hierdie kleur skaars is. Toe ons materiaal in die kleur raakloop was ons baie opgewonde! Alhoewel ek met 'n prentjie begin het, het Anene se ontwerp en finale rok my verwagtinge oortref.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriekafskeidrok laat my soos n prinses voel. Dit is my hele persoonlikheid vasgevang in 'n rok: vol kleur, vreugde en karakter.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

My hoogtepunt was om die aand saam met vriende te geniet en almal se rokke te sien.

Planne vir na matriek

Ek sien uit daarna om volgende jaar Ingenieurswese aan die Universiteit van Stellenbosch te studeer en 'n nuwe hoofstuk vol avonture te begin.

Gunsteling woord in Afrikaans

Skouspelagtig

Datum van matriekafskeid

2025-10-01

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media