Kayla-Leigh Kotze

Hoërskool Hans Moore

Tuisdorp

Rynfield, Benoni

Skool

Hoërskool Hans Moore

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My matriekafskeidrok is ontwerp deur Añrea Exclusives. Ek het saam met haar gewerk om iets te skep wat my steyl en persoonlikheid perfek weerspieël. Ons het besluit op twee verskillende teksture van materiaal. Die Emerald geborduurde blink tak-agtige patrone wat soos natuur op die stof dans simboliseer Groei Lewe en Balans. Presies soos ek is. Die lae halslyn en dun bandjies vloei oor in ñ baie lae rug wat subtiel toegeryg word - elegant maar met net genoeg waagmoed. Die Handgeborduurde detail om die halslyn en rug bring sagte luuksheid terwyl die lang wye sleep ñ gevoel van beweging en majesteit skep. Hierdie rok is ontwerp vir ñ jong vrou wat haarself ken , Selfversekerd, Stylvol en Uniek.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Die inspirasie agter my rok was om iets te dra wat my persoonlikheid weerspieël - elegant, stylvol en tydloos. Ek wou hê dit moet my selfvertroue uitstaal en my herhinner aan hoe ver ek gekom het teen die einde van my skoolloopbaan. Die kombinasie van die ryk kleur en die delikate afwerking maak die rok stylvol, vroulik en klassiek. Die Emerald groen kleur laat my oë uitblink en gee my voorkoms 'n elegante balans.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriekafskeidrok is vir my 'n simbool van selfvertroue, volwassenheid en 'n nuwe begin.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogtepunt van my matriekafskeid was die gevoel van vreugde, selfvertroue en saamwees met almal wat vir my belangrik is.

Planne vir na matriek

Na matriek beplan ek om verder te studeer en my drome na te streef. Ek wil graag onderwys aanpak en my vaardighede ontwikkel om 'n positiewe verskil te maak.

Gunsteling woord in Afrikaans

Aitsa!

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media