Lauriska Els

Hoër Volkskool Heidelberg

Tuisdorp

Heidelberg GP

Skool

Hoër Volkskool Heidelberg

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ek het self my matriekafskeidrok ontwerp vanaf 'n paar prente wat ek gesien het. Ek het die een rok se bo-kant en die ander rok se onderkant gekombineer en my eie kant-detail gekies. Saam met Leah en Eloise van Ballet & Lingerie se goeie raad en hulp was dit op die uiteinde 'n meesterstuk en ek was baie tevrede.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek is iemand wat nie bang is om uit te staan nie, wat hou van klassieke elegansie maar met ‘n tikkie drama. Die kleur, die kant, die slit, die nek-detail – dis alles 'n weerspieëling van my selfvertroue en unieke flair. Die sagte kant teenoor die gewaagde slit en sterk lyne van die nek- en rug-detail simboliseer balans: sag, maar sterk; klassiek, maar gewaagd.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriekafskeidrok is meer as net materiaal en mooi detail – dis 'n simbool van alles wat ek oor die afgelope 12 jaar bereik het. Die donker pers kleur staan vir krag, groei en die diepte van wie ek is. Die fyn kant wys my sagte kant – ek is 'n danser en doen ook drama, my drome, my liefde vir die mooi – terwyl die hoë slit en unieke nek- en rug detail my selfvertroue en moed wys om my eie pad te loop. Hierdie rok laat my nie net mooi voel nie, dit laat my trots voel – op hoe ver ek gekom het en op wie ek besig is om te word.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

My hoogtepunt van die matriekafskeid was toe ek op die rooitapyt loop en die skare begin klap en juig het. In daardie oomblik het ek gevoel: mense sien my – regtig. En ek het besef, ek hou daarvan om gesien te word, nie net vir hoe ek lyk nie, maar vir wie ek is. Ek hoop dat ek, op een of ander manier, 'n inspirasie kan wees vir iemand daar buite om nie bang te wees om jouself te wees nie. Elke persoon is uniek geskape, en jy verdien dit om jouself met trots te wys – maak nie saak wat ander sê of dink nie. Daar is krag in egtheid.

Planne vir na matriek

Volgende jaar neem ek die volgende groot stap – ek is reeds ingeskryf om Aktuariële Wetenskappe aan die Pukke (NWU) te studeer. Ek is opgewonde om die wêreld van getalle, risiko en realiteit aan te pak met dieselfde selfvertroue wat ek op die rooitapyt gevoel het.

Gunsteling woord in Afrikaans

Dinamies

Datum van matriekafskeid

2025-10-17

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media