Megan Coetzer

Hoërskool Marais Viljoen

Tuisdorp

Alberton

Skool

Hoërskool Marais Viljoen

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My matriekafskeidrok is ontwerp en gemaak deur myself en my ma met die doel om my eie unieke voorkoms te skep en n stukkie van my persoonlikheid te weerspieël.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Die rooi kleur simboliseer my passies en my selfvertroue en krag. Die sprokie voorkoms is deel van die fase van my lewe wat ek agterlos en vorentoe kyk na die nuwe hoofstuk van my lewe. Die handgemaakte blomme verteenwoordig hoe ek as persoon gegroei het deur die loop van my hoërskool loopbaan.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Deur die donkerste tye kan n mens nogsteeds gloei en dit maak my trots om te kan sê dit is my eie meesterstuk gewees. n Teken van hoop dat daar lig aan die einde van die tonnel is.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die oomblik toe ek uit die kar uit klim en op die rooitapyt loop het ek geweet my sprokiesverhaal is voltooi.

Planne vir na matriek

Om n sukses van my lewe te maak deur om hard te werk en al my passies uit te lewe en my verhouding met die Here so sterk te maak dat dit n inspirasie vir ander kan wees.

Gunsteling woord in Afrikaans

Ronkedoor

Datum van matriekafskeid

2025-10-11

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media