Lara Jonker

Hoerskool Diamantveld

Tuisdorp

Kimberley

Skool

Hoerskool Diamantveld

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My rok is ontwerp deur Casper Bosman in Bloemfontein.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My inspirasie het gekom uit 'n begeerte om iets anders en onverwags te dra. Ek kies gewoonlik neutrale kleure, so hierdie kleurkombinasie was buite my gemaksones - en presies daarom het dit so goed gewerk. My rok was 100% wat ek wou he en 100% wat ek gekry het!

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Ek dink elke meisie droom al so lank oor haar matriekafskeid en hoe haar rok sal lyk. Toe die dag uiteindelik aanbreek waarop ek my rok kon aantrek en so mooi en confident gevoel het, het dit my wildste verwagtinge oortref. Daardie oomblik het so baie vir my beteken.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die instap op die rooitapyt was 'n hoogtepunt, sowel as om al die ander se uitrustings te sien.

Planne vir na matriek

Ek gaan Somatologie by ISA Carstens in Stellenbosch studeer.

Gunsteling woord in Afrikaans

mieliepap

Datum van matriekafskeid

2025-04-10

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media