Mia Ekkerd
Hoerskool Kalahari
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Koester
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Vir my matriekafskeid wou ek nog altyd graag n rok dra wat spesiaal vir my liggaamsbou gemaak is. Ek wou graag gemaklik voel in die rok wat ek aan het, maar steeds vroulik lyk. Ek is eintlik n "skipant" en tekkies "girl". Omdat ek sportief gebou is wou ek graag n rok he wat my sag en vroulik laat vertoon. Die wit broekpakkie met blou swaeltjies daarop het my gemaklik laat voel terwyl dit my lang bene beklemtoon het. Die lang, swaar, blou romp het vroulikheid aan die ontwerp verleen.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My matriekafskeid rok was vir my baie spesiaal en die blou swaeltjies op die wit broekpakkie simboliseer die afsluiting van my Hoerskool loopbaan en die begin van n nuwe fase van my lewe. Swaeltjies is ook n teken van hoop, liefde, vryheid, vooruitgang en beskerming.
Datum van matriekafskeid?
2025-10-03