Tanesha Faurie
Helpmekaar Kollege
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Flaterwater
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Die oorspronklike inspirasie vir my rok was eintlik ’n trourok wat ek op Pinterest gesien het, maar ek het dit effens aangepas sodat dit beter pas by wat ek daardie dag wou uitbeeld - liefde, eenvoudig, sag, tydloos, elegant en vroulik.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Die rok beteken vir my baie. Ek het vir ’n tyd gesukkel om te ontdek wie ek regtig is en wie ek wil wees. Nou dat ek myself beter verstaan, wou ek dit deur my rok uitbeeld. Dit is ’n manier om my identiteit en styl te wys – sag, elegant en selfversekerd. Elke detail van die rok weerspieël die liefde en tydloosheid wat ek in myself ontdek het, en dit laat my voel dat ek volmaak, mooi en gereed is om die nuwe hoofstuk van my lewe aan te pak.
Datum van matriekafskeid?
2025-10-04