Danielle-Skye Bisschoff
Hoërskool Stellenbosch
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Uitmuntend
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Vivienne Westwood wedding dress.
Ilse Roux het met ons konsultasie met my gesit en ons het besluit op hierdie pragtige rok en die materiaal was duchess satyn. Ek wou eers die rok in wit gehad het, maar Ilse het my besluit verander na hierdie pragtig dieprooi. En is is so bly daaroor. Dit bring my velkleur uit en het die dramaties effek wat ek gesoek het.
Ek wou 'n baie romantiesse rok dra en is mal oor die korset styl, wat pas by my figuur tipe. Die sleep agter het die rok super romanties vertoon en dit kon ook vasmaak met 'n knopie sodat ek kon dans.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Jare lank is dit elke meisie se droom om 'n pragtige rok te dra. Ek wou nie een huur nie, maar wou my eie unieke rok laat maak het. Die rok is baie spesiaal vir my, aangesien my pa verlede jaar oorlede is en hy my so graag sou wou sien en hy het 'n idee gehad van hoe die rok sou lyk. Ons het sy voorletters in crystals borduur binne die rok se korset sodat ek hom styf teen my kon voel om die aand minder emosioneel te maak.
Toe ek myself sien toe die rok klaar is, was die "love at first sight'. ek is obsessed met die hele rok, materiaal, styl. Daar is nie nog so 'n rok nie. Die rok het perfek by my persoonlikheid gepas.
Dit het gepas by ons tema van Oceans Eleven/ Bellagio heist
Datum van matriekafskeid?
2025-10-04