DIVENETTE STREICHER

HOëRSKOOL OOS-MOOT

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse


Skool se matriekafskeid bygewoon?

Dankbaarheid

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My rok beteken en verteenwoordig vir my dankbaarheid. In 2018 het die Here my lewe gered na 'n jaar se leiding en veg vir my lewe. Met 'n lied in my hart en 'n hart wat oorloop van seën, vreugde, liefde, dankbaarheid en bowenal genade het ek die wonderlike voorreg gehad om in teerheid, sagtheid en vroulikheid die rooitapyt af te stap en my 12jaar skool seisoen te kon volbring en voetspore van "glitter" vir Jesus te kon stap. Ek het omtrent "geglitter" orals waar ek was, was "glitters" agter gelaat.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Een woord Finaliteit - Die einde van 'n 12 jaar skoolloopbaan. Oorlopende dankbaarheid en vreugde...Ek lewe!! My rok en dag was asemrowend, presies wat ek wou gehad het. Ekt elegant, stylvol en geliefd gevoel. Soos 'n vrou, maar Prinses mooi! Ekt geskyn van dankbaarheid om dit te kon volbring. My rok se kleur het my aan die binnekant van n skulp laat dink, dit het vir my die diepte verteenwoordig waaruit die Here my gehaal het in my leidingstyd. Die pragtige kant wat geblink het was Rose gold, maar het ook brons vertoon wat my vreugde en vrede uitgebeeld het. Ek het gevoel ek skyn van dankbaarheid om te lewe. My sagte valle wat sag gehang het, kon draai en swaai en het my omvou en dit het vir my gedui op elke beweging wat ons maak, moet met volheid, teerheid en opregtheid wees, want die lewe is kort. MY ROK VAN DANKBAARHEID EK LEWE!!!!

Datum van matriekafskeid?

2025-10-10

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media