Ek is 'n natuurkind en blomme liefhebber en dit was my grootste inspirasie vir die borduurwerk. Die strikkies op my skouers het dit mooi afgerond. Die opryg rug het 'n mooi passing gegee en ook 'n strik gemaak in my middel. Die rok het drie lae volsirkel, nette gehad met satyn onder en 'n korset lyfie. Ek het "wings" gehad toe ek by die venue ingeloop het wat ek later afgehaal het.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Dis die verpersoonliking van myself- uniek en speels soos uit 'n sprokiesverhaal. Dit sal altyd vir my spesiaal wees en 'n plek hê in my klerekas. Ek het vroulik en elegant gevoel, vol selfvertroue. Ek wou 'n rok hê wat merkwaardig is en wou soos niemand anders lyk nie. As ek iemand moet vertel wie ek is , sou ek my matriekafskeidfoto's wys.