Jana Van der Merwe

Hoërskool Strand

Tuisdorp

Strand

Skool

Hoërskool Strand

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My matriekafskeid rok het ons gehuur by die gesogte boetiek genaamd "Bellisimo Dresses" in Kaapstad.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek het inspirasie gekry uit my persoonlikheid - ek wou hê my rok moes weerspieël wie ek is : Sag, maar selfversekerd. Daarom het ek die ontwerp gekies wat uniek en vol detail is, maar steeds elegant bly.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Dit simboliseer nie net ’n spesiale aand nie, maar ook my groei en reis deur my hoërskooljare. Die manier waarop dit in die son geblink het en my geaardheid weerspieël het, het my laat besef hoe trots ek is op die mens wat ek geword het. Vir my staan hierdie rok as ’n simbool van selfvertroue, innerlike krag en die begin van ’n nuwe hoofstuk in my lewe.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Alles was ongelooflik - van my haarsalon-afspraak vroeg in die oggend tot die laaste dans op die dansvloer. Maar die hoogtepunt was beslis om my hoërskoolloopbaan af te sluit op so ’n wonderlike aand, omring deur my beste vriende en ’n amazing metgesel. Dit was ’n aand vol lag, liefde en herinneringe wat ek vir altyd sal koester.

Planne vir na matriek

Na matriek beplan ek om vir ’n jaar as Au Pair in Europa te werk, nuwe ervarings op te doen en ander kulture te ontdek. Terselfdertyd wil ek aanlyn studeer en kursusse doen om nuwe vaardighede te ontwikkel en my kennis uit te brei.

Gunsteling woord in Afrikaans

Stêrlig

Datum van matriekafskeid

2025-09-27

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media