Annebel Mellet
Hoër Meisiesskool Paarl
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Skool se matriekafskeid bygewoon?
opkikker / fynbos
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My matriekafskeidrok moes elegant wees, ‘n indruk skep, kraletjies op hê en totaal-en-al ek wees. Ek het vroeër hierdie jaar weer my ma se trourok aangepas (ook ‘n tweestuk rok) en so het ek besluit dat ek ‘n bietjie van haar rok in myne wil inkorporeer. Verder het ek op ‘n ligte blou kleur besluit omdat dit my oë uitbring en my selfvertroue gee.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Die bostuk gedeelte van my rok is presies die patroon van my ma se trourok se bostuk, en Tannie Hazel het my rok met soveel liefde en aandag gemaak. Hierdie het verseker dat my rok ekstra spesiaal is en daarom beteken dit baie vir my.
Datum van matriekafskeid?
2025-09-26