Mckayla-Leigh Brits

Hoërskool Waterkloof

Tuisdorp

Centurion

Skool

Hoërskool Waterkloof

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My matriekafskeid rok is ontwerp deur Johan Botha Fashion Design

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek het aanvanklik ’n groot verskeidenheid idees gehad oor hoe my matriekafskeidrok moes lyk. Tydens die dress fittings vir die Matric Expo by Menlyn het Johan Botha vir my ’n rok gegee om aan te pas. Die oomblik toe ek myself daarin sien, het ek geweet – dit is die rok wat ek wil hê. Ironies genoeg het hy op die dag van die fashion show vir my ’n ander rok gegee om aan te trek, nie die een wat ek oorspronklik aangepas het nie. Daardie oomblik het ek besef ek móét die oorspronklike rok koop vir my matriekafskeid.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriekafskeidrok beteken vir my baie meer as net ’n mooi kledingstuk — dit verteenwoordig ’n afsluiting van ’n belangrike hoofstuk in my lewe en die begin van ’n nuwe een. Elke keer as ek daaraan dink, herinner dit my aan die harde werk, groei en herinneringe van my skooljare. Die rok simboliseer ook selfvertroue en die gevoel van trots om op daardie aand net myself te wees, na alles wat ek bereik het. Dit was nie net ’n rok nie, maar ’n weerspieëling van wie ek is en hoe ver ek gekom het.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogtepunt van my matriekafskeid was ongetwyfeld die oomblik toe ek saam met my kêrel oor die rooi tapyt kon stap in my pragtige rok. Dit was ’n besondere ervaring om die aand saam met my vriendinne deur te bring en die geleentheid af te sluit op ’n unieke en spontane manier — in my rok, saam met my kêrel pool te speel.

Planne vir na matriek

Na matriek beplan ek om Interior Design te studeer. Ek was nog altyd gefassineer deur hoe ruimtes deur kleur, tekstuur en uitleg tot lewe kan kom, (het dit seker by my Pa ge-erf). Ek wil leer hoe om kreatiewe en funksionele ontwerpe te skep wat mense se lewens verbeter. Hierdie studierigting gee my die geleentheid om my liefde vir kuns en detail met praktiese ontwerpvaardighede te kombineer — iets waarvoor ek regtig passievol is.

Gunsteling woord in Afrikaans

Asemdief

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media