Tuisdorp
Potchefstroom
Skool
Volkskool
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Ek en my ma het saam die rok ontwerp. My ma het dit gemaak.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek het nog altyd geweet ek wil 'n groen matriekafskeid rok hê. Ek is baie lief vir die natuur so dit is eintlik vanselfsprekend dat groen my gunsteling kleur is. Ek het op die internet inspirasie gaan soek toe ek afkom op 'n rok met 'n "dropwaist" ontwerp. Ek was dadelik verlief. Dit was die sleutel element van my rok en alles is om dit ontwerp. Ek is 'n groot "go with the flow" mens so ek het vir my ma gesê sy kan groot gaan en haar kreatiwiteit uitleef. Sy het self al die patrone en kraletjies opgewerk soos sy goed gedink het.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Onder op my rok se sleep het my ma die woorde "liefde wen" met kraletjies gewerk. Dit is 'n lewens motto waarvolgens ek elke dag probeer lewe. Ek glo dat ons die wêreld kan verander as ons almal om ons lief het, ongeag ons verskille. My rok is ook 'n uitbeelding van hoe ek oor die natuur voel. Dit skep 'n prentjie van hoe ek saam met die ekologie in eenheid lewe, en hoe ná aan my hart dit is.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die hoogtepunt van my matriekafskeid was toe ek en my metgesel ná ons "photoshoot" saam met ons gesinne piekniek gehou het. Ons het in die veld waar ons fotos geneem het onder 'n doringboom saam gekuier, en stories gedeel. Die kuier en lag saam met die belangrikste mense in my lewe was regtig vir my baie spesiaal. Die vrede van die groen gras, bokkies, en die voëltjies se gefluit, het my oorval. Dis 'n herinnering wat ek nooit sal vergeet nie.
Planne vir na matriek
Ek gaan volgende jaar Bsc Omgewingswetenskappe by die NWU studeer. Ek wil my liefde en passie vir die omgewing uitleef en ek glo dat dit my roeping is om ons omgewing te beskerm. Ek kan nie wag nie !
Gunsteling woord in Afrikaans
Klopdisselboom
Datum van matriekafskeid
2025-10-03