Toe ek die rok sien, het ek geweet dis die perfekte rok vir my! Dit is tydloos, elegant en anders. Ek kon myself wees met die rok, maar met meer selfvertroue. Met my rok wou ek ń impak maak om ń ongelooflike mylpaal in my lewe te vier.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Die rok het my besonders mooi laat voel. Ek het die hele aand pragtig en gelukkig gevoel. Met elke kompliment was ek net weer verseker dat ek die regte keuse gemaak het.