Lua Meyer
Midstream College
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Ja
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek wou iets dra wat my soos die prinses wat ek nog altyd wou wees laat voel. Die meisie wat met groot drome en ’n sagte hart grootgeword het. My inspirasie het gekom van die idee om weer soos my jonger self te voel – sorgvry, dromerig en vol verwondering. Ek wou ’n rok hê wat daardie sprokiesgevoel vasvang, maar steeds elegant en vol selfvertroue lyk. Die sagte groen kleur herinner my aan natuur en groei, iets wat perfek simboliseer hoe ek gegroei het deur my skooljare en nou gereed is om my volgende hoofstuk te begin.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Die unieke kleur, die sagte detail en hoe dit my laat voel het. Die groen simboliseer hoe ek gegroei het in die laaste agtien jaar en hoe ek gaan aanhou groei. Dit was asof ek vir die spesiale aand die prinses in my eie sprokie kon wees.
Datum van matriekafskeid?
2025-10-11