Abigail Arangies

Bethlehem Voortrekker Hoërskool

Tuisdorp

Rosendal

Skool

Bethlehem Voortrekker Hoërskool

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Naomi Fourie

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek wou mense verras het met my rok. Iets doen wat my vriende nie sou verwag het nie, daarom het ek besluit op die hot pink kleur. Ek het nog altyd gehou van hoe valle lyk ( ek koppel dit met die spaanse kultuur wat uiters uniek vir my is ) en wou dit graag deel gehad het van my rok. Die kralletjies wat my rok bedek het het my laat voel soos lente. Ek wou gemaklik wees in my rok, ek wou my rok dra en voel soos myself.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Dit simboliseer die einde van my hoërskool loopbaan en die begin van my grootmens lewe.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Om een laaste keer saam al my vriendinne en vriende “dronk op die liefde” te kon sing, saam te lag en elkeen se rok te sien wat uniek aan hulself was.

Planne vir na matriek

Eks van plan om n gap jaar te vat waar ek op kampterreine gaan werk in Amerika en Australia. ( Summercamps )

Gunsteling woord in Afrikaans

hartstogtelik

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media