Chloë Deyzel

Hoërskool Monument

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse


Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My Pappa was my inspirasie vir my rok! Ek het hom in 2023 skielik verloor en ek wou hom graag deel maak van my groot oomblik van my matriekafskeid. Hy was my grootste supporter en het n groot deel in my lewe gespeel! Daarom was hy my inspirasie vir my rok want ek wou hom graag eer. Ek wou graag ons 2 verjaarsdae stene se kleure kombineer om n pragtige rok te maak wat in mekaar vloei om n illusie te skep, my pappa verjaar in September wat Blue Sapphire is en ek verjaar in Maart wat Aquamarine is.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My matriekafskied rok beteken baie vir my! Ek kon nie wag om dit te maak nie omdat Ek my pappa kon deel maak van my rok. Na groot droom en verewig soek op prente,kleure en materiale het my droom rok waar geword! Ek het soos n prinses gevoel net soos wat my Pa my altyd genoem het. My matriekafskeid rok is n groot simbool van my pa en watse groot impak hy op my lewe het! Daarom beteken my rok die wêreld vir my.

Datum van matriekafskeid?

2025-10-02

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media