Danè Schamrel

Hoèrskool Piet Potgieter

Tuisdorp

Mokopane

Skool

Hoèrskool Piet Potgieter

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ontwerp en gemaak deur Mengouchi Couture

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek wou hê my rok moes iets van my persoonlikheid weerspieël sag en vroulik, maar met fyn detail wat uniek is. Die sagte pienk simboliseer sagtheid en liefde, terwyl die detail op die bostuk daardie tikkie elegansie en drome van my kinderjare bring. Elke meisie droom mos daarvan om soos ’n feeprinses te voel, en hierdie rok was vir my die vervulling van daardie prentjie wat ek nog altyd in my hart gedra het.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My rok beteken vir my meer as net ’n mooi uitrusting vir een aand, dit simboliseer ’n hoogtepunt van my skooljare en die begin van ’n nuwe hoofstuk. Dis ’n herinnering aan hoe ver ek gekom het, hoeveel ek gegroei het, en dat ek my eie styl en sagtheid met selfvertroue kan uitdra. Elke detail, van die kleur tot die ontwerp, vertel iets van wie ek is.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die mooiste deel van my matriekafskeid was om te sien hoe trots my ouers is, hulle glimlag, die trane in my ma se oë, en my pa wat vir my se hoe mooi ek lyk toe ek na hom stal. Dit was vir my ’n oomblik van dankbaarheid, want sonder hulle sou ek nie hier wees nie. Die aand self was vol lag, herinneringe en drome wat gedroom is. ’n Perfekte afsluiting van my skooljare.

Planne vir na matriek

Na skool gaan by TUKS (Universiteit van Pretoria) gaan studeer vir ’n graad in Bachelor of Radiography in Diagnostics. Ek sien baie uit daarna om in die mediese veld te groei en om eendag ’n verskil te maak in mense se lewens deur my werk.

Gunsteling woord in Afrikaans

Liefde

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media