Ellandri Van heerden

Grey College Matriek Afskeid ( Cambridge Studies )

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse


Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ystervarkie

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My ma en pa het 27 jaar terug na my ma se matriekafskeid gegaan. Hulle se ‘n foto is meer werd as ‘n duisend woorde. Die mooiste deel van die storie is was dat sy en my pa daardie tyd ook net metgeselle was en dit was haar spesiale rok. 27 Jaar later toe ek die geleentheid kry om die rok te kan dra het ek dit nostalgies met albei hande aangegryp en my ouma en ma het die rok herontwerp met die mooiste krale en skitter steentjie werk. Dit was ‘n projek van 4 maande wat hul met die hand elke kraletjie en steentjie aangewerk het en die transformasie was asemrowend. Dit was ‘n voorreg om dieselfde rok te kon dra verander vir my en so spesiaal. Nou het ek ook ‘n deel van die storie geword en kan ek dit eendag met my gesin deel. Die foto van 27jaar terug kry nou nuwe lewe ingeblaas in my fotos. “ Something old, something borrowed, something blue”

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die gunsteling deel vir my was om te sien hoe die kralewerk en al die ander bykomstigheide saam met my hare en grimering een prentjie vorm. Die rok het my verseker gevlei en baie spesiaal laat voel. Daar was nie ander rokke soos myne nie en dus was ek baie uniek. Al die moeite en elkeen se bydrae het my prentjie so mooi afgerond. Ons fotograaf weet om die beste uit my te kry en die fotosessie het my voorwaar soos ‘n super model laat voel en lyk.

Datum van matriekafskeid?

2025-08-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media