Mila Eureka Pieterse

Helpmekaar Kollege

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse


Skool se matriekafskeid bygewoon?

Neh

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek wou graag ń elegante & klassieke rok gehad het met ietsie wat baie meisies nie sommer doen nie & dis die moue. My inspirasie kom eintlik van ń trourok af, waarop ek my oog het vanaf graad 9. Ek het nog altyd gehou van die elegante & tydlose styl van trourokke & ek wou daardie selfde gevoel in my eie aand vasvang.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die emerald groen kleur simboliseer groei, selfvertroue & nuwe beginne terwyl die bling-materiaal & oop rug ’n moderne element byvoeg. Met die moue & subtiele sleep voel dit soos ’n rok wat storie én styl kombineer - iets wat my uniek verteenwoordig. My matriekafskeidrok beteken vir my baie meer as net mode, dit verteenwoordig ’n deel van wie ek is. Omdat die inspirasie van ’n trourok af kom, herinner dit my daaraan dat elke groot oomblik in die lewe gevier moet word met styl, selfvertroue & hart.

Datum van matriekafskeid?

2025-10-04

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media