Jaunne-Bonne Glad

Hoerskool Brandwag Benoni

Tuisdorp

Benoni

Skool

Hoerskool Brandwag Benoni

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ingevoer van ontwerper Tarik Ediz deur agent Paloma Boutique.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My inspirasie was van die asemrowende mooi Christian Dior 1949 Junon rok van die Milieu du siècle reeks! Na 'n lang gesoek het ek die besonderse rok ondek wat presies my persoonlikheid en styl uitbeeld.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriekafskeidrok simboliseer vir my veel meer as net n mooi aandrok, dis soos n droom wat lewendig geword het. Ek wou graag n unieke, elegante en besonderse rok he wat lyk asof dit uit n sprokiesverhaal kom. Dit was n spesiale geleentheid wat die einde van n belangrike hoofstuk en die begin van n nuwe een vier. My rok was nie net klere nie maar dit was simbool van selfvertroue, groei en die vier van alles wat ek tot dusver bereik het.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogtepunt van my matriekafskeid was beslis die oomblik toe ek by die foto-venue aangekom het. Die sagte sonlig het oor my rok geval en dit laat glinster soos iets uit n sprokiesverhaal. Toe ek die eerste keer sien hoe ek lyk, het ek letterlik my asem opgehou, dit was asof ek in my eie prinsesdroom gestap het. Ek het gevoel of die wereld vir n oomblik stil raak, net ek en daardie sprokiesagtige gevoel. My familie het langs my gestaan, vol trots en glimlagte, en dit het alles nog meer spesiaal gemaak.

Planne vir na matriek

Ek gaan my studies afskop by n privaat universiteit in besigheidbestuur en beplan daarna verdere studies in n ingeneerswese rigting uit te brei.

Gunsteling woord in Afrikaans

Dromerik

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media