Mira Knauff

Hoërskool Randburg

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse


Skool se matriekafskeid bygewoon?

Braai

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie agter my pragtige rok was, om soos die asemrowende en stylvolle prinses te voel wat ek van kleins af gedroom het om te wees. Die kleurvolle blompatroon skep n beeld van selfversekerdheid, uniekheid en elegansie en beeld my Reponsie droom ten volle uit. Die verskeie lae van die rok inspireer my om my droom te beleef om in die kasteel se gange af te hardloop met my prinsesrok vasgegryp in my hande .Ek hoef nie meer te droom nie, wanneer ek my unieke en asemrowende rok dra lewe ek die droom.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My droomrok motiveer my om te weet dat na elke deur wat toegaan n nuwe deur opgaan. Dat dit die einde is van my skoolloopbaan, maar die begin is van my toekoms. Dit herinner my dat geen droom te groot is nie en dat enigiets moontlik is as jy in jouself glo. Wanneer ek na my rok in die toekoms kyk onthou ek dat ek tot enigiets instaat is deur God wat my krag gee. In die lewe waar alles moontlik is, sal ek aanhou groot droom.

Datum van matriekafskeid?

2025-10-04

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media