Tineal van den Berg

Hoerskool DR EG Jansen

Tuisdorp

Boksburg

Skool

Hoerskool DR EG Jansen

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My rok is ontwerp deur myself met inspirasie van Albina Dyla. Ilse van Nika Creations het my idees vervolmaak met hierdie asemrowende skepping.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek het juis rooi gekies omdat ek elegansie en vuur wou kombineer. Hierdie rok het my klassiek, romanties en n tukkie sensueel laat voel. Dit weerspieel my persoonlikheid wat speels dog vurig kan wees. N Rok wat gemaak is om koppe te laat draai en die kollig te steel. Die rok het n romantiese en dramatiese estetika wat gemaak is van lae fyn tule en kant. Die blomme en blare is met moeite uitgesoek en een vir een bedraad en gestik. Die lyfie is styfpassend met ingewikkelde detail om my figuur te beklemtoon. Die 3D kant blomme en blare verleen n diepte en voeg n gevoel van luuksheid by en die blare het gelyk of hul lewe teen my neklyn. Die diep V vorm van my neklyn met die illusie paneel bring my beskeidenheid na vore en die elegante middellyf skep n vleiende uurglas silhoeet. Die hoe split in die a-lyn tule en kant romp vereen n tikkie aanloklikheid en moderne glans met n bypassende broekie. Die spleet balanseer die romantiese top met n sweempie vrymoedigheid.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Rooi word dikwels geassosieer met passie, selfvertroue en energie. Ek het romanties dog dapper en selfversekerd gevoel en was nie bang is om in 'n skare uit te staan ​​nie. Elegansie en gesofistikeerdheid was vir my baie belangrik maar ek wou ook my lewendige en dinamiese persoonlikheid weerspieël. Ek het soos n sprokies prinses gevoel met n moderne twist. My juwele en pragtige skoene het my droom rok gekomplimenteer en my dag vervolmaak.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

My grimering, hare en foto sessie was asemrowend en die groot oomplik op die rooi tapyt het beslis uitgestaan. Ons laaste kuier saam as n matriek groep was onvergeetlik maar ook bitter soet omdat almal hul eie ringting inslaan. Beslis een vir die boeke!

Planne vir na matriek

Ek gaan LLB studeer by Akademia en hoop om as n medico legal advokaat aan te sluit by by boetie se mediese praktyk.

Gunsteling woord in Afrikaans

Vervlaks

Datum van matriekafskeid

2025-10-03

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media