Ubré Heckroodt

Die Hoërskool Menlopark

Ouderdom

18

Tuisdorp

Pretoria

Skool

Die Hoërskool Menlopark

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Carike Nel het my matriekafskeidrok ontwerp.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek wou graag iets dra wat by my persoonlikheid pas en ek wou iets dra wat my soos ń prinses uit ń feëverhaal laat voel het.Ek het baie inspirasie uit my ma se matriekafskeidrok ook gekry.Ek wou haar rok kombibeer met myne,maar ek wou dit my eie maak.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriekafskeidrok het my jonger self se drome ń realiteit gemaak.Ek het altyd (en doen nou nog) films gekyk waar die filmsterre soos prinsesse gelyk het, en ek wou ook op my matriekafskeid soos ń prinses lyk, en soos een voel.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die aankoms was een van my hoogtepunte van die aand. Dit was so opwindend om al die moeite te sien wat almal gedoen het. Al die breë glimlagte en al die gegiggelry het my hart laat oorloop van vreugde.Dit was ook ń hoogtepunt, want ek en my metgesel het per ongeluk sommer die hele rooi tapyt misgeloop... ek lag nou nog daaroor.

Planne vir na matriek

Ek wil graag onderwys gaan studeer by die Universiteit van Pretoria, ek glo ons land het goeie onderwysers nodig en ek wil graag ń verskil maak. Ek wil ook sielkunde as ń ekstra vak neem sodat ek die jeug kan help met die druk wat al hoe meer word.

Datum van matriekafskeid

2025-10-03

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media