Lené Jacobs
Hoërskool Jim Fouché
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Poenankies
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My inspirasie vir my rok was om iets te dra wat ware elegansie en sagtheid uitstraal. Ek wou ń rok hê wat vroulik en uniek is, maar steeds ń sagte dromerige gevoel het. Dit het die vloeiende materiaal en blomdetails geïnspireër.
Ek wou iets hê wat natuurlik pragtig en tydloos is, maar nogsteeds ń opvallende indruk maak en dit is presies wat my rok gedoen het.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My matriekafskeidrok is vir my meer as net ń rok… Dit is ń simbool van wie ek geword het.
Deur my hoërskooljare het ek gegroei en geblom, net soos die blomme wat my rok versier. Wanneer ek hierdie rok dra, voel ek trots, dankbaar en mooi van binne en buite.
My rok vertel die storie van my groei en van nuwe beginne. Dit vul my hart met nederigheid en dankbaarheid vir die pad wat ek gestap het en die opwindende toekoms wat voorlê.
Datum van matriekafskeid?
2025-10-10