Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Ek het self die rok ontwerp en Luzelle Joubert het my visie ń realiteit gemaak.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek wou iets uniek gehad het wat my persoonlikheid weerspieël. Iets anders as die norm.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Eintlik is ek baie skaam en teruggetrokke so ek wou gehad het dat my rok my waaghalsige kant uit beeld. Dit was ń groot stap om uit my gemaksone te beweeg en my rok moes die woorde spreek wat ek nie self sou nie.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die hoogtepunt was die oomblik wat my visie bymekaargekom het. Die hare, die grimering, die skoene en natuurlik my rok. Alles het net in plek geval.
Planne vir na matriek
Volgende jaar gaan ek Amerika toe om te Au pair vir ń jaar. Daarna sal ek terugkeur en verpleegkunde swot.