Isabella Evita Schepers

Hoërskool Zwartkop

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse


Skool se matriekafskeid bygewoon?

Dartelend

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Art Deco en Ou Hollywood Glamour

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My matriekafskeidrok is n uitbeelding van wie ek is. Iemand wat n passie het vir mode ontwerp en style van uit die verlede uit. Elke detail van die rok simboliseer n belangrike persoon in my lewe wat my inspireer in talle maniere soos my ma wat my rok ontwerp het en gemaak het. Haar passie vir mode ontwerp kan duidelik in hierdie rok gesien word van die unieke drapering tot elke soom wat perfek en met liefde gestik is. My juwele beeld n deel van my ouma uit , dit is haar cameo ring wat ek dra ~ n klassieke erf stuk. My naels was versier met skoen lappers wat my ander ouma uitbeeld ~ al van kleins af , deel ek en my ouma n liefde vir die natuurskoon. My matriekafskeidrok beteken die einde van n hoofstuk in my lewe wat vir altyd gekoester sal word , en n hoofstuk wat vir my talle lewenslesse aangeleer het wat ek nooit sal vergeet nie.My matriekafskeidrok simboliseer die deel van my wat altyd n klein dogtertjie sal bly en altyd bewondering vir die wereld sal toon, hierdie rok sou daai klein dogtertjie baie trots gemaak het.My matriekafskeidrok is soveel meer as net n rok , dit is n rok wat ek al van droom vandat ek n onsekere graad 8 dogtertjie was en wat uiteindelik in n dapper jong dame ontwikkel het wat haarself ken , dit is n rok wat my persoonlikheid en passie vir mode uit straal , dit is n rok wat die era van old hollywood glamour perfek teenwoordig.

Datum van matriekafskeid?

2025-10-04

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media