Jody-Ann Buys

Hoërskool Pacaltsdorp

Ouderdom

20

Skool

Hoërskool Pacaltsdorp

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Hierdie rok is ’n unieke eenskouer-ontwerp wat styl en selfvertroue uitstraal. Die materiaal is ’n glinsterende holografiese stof wat van pienk en pers na turkoois verander onder verskillende ligte, met sagte blaar- en streep-patrone wat inspirasie neem uit die natuur. Die vloeiende tule-laag (sleep) voeg ’n element van sagtheid en beweging by, terwyl die styfpassende silhoeët die figuur elegant beklemtoon. ’n Perfekte kombinasie van modern, glansryk en vroulik — ideaal vir ’n spesiale aand wat onthou gaan word.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My inspirasie vir my rok was dat die rok nie net mooi was nie, maar ook ongelooflik elegant. Die eerste keer toe ek die rok sien, het dit my asem weggeslaan. Die glans en uniekheid van die rok was een van die dinge wat my geïnspireer het om soos ’n jong model te voel wat al haar battles kon en kan oorwin. Niemand sou ooit kon dink dat ’n rok iemand se lewe so kan verander nie, maar vir my het die rok dit gedoen! Hierdie rok het my laat uitsien na die goeie dinge daar buite — na wat ek kan word en bereik. Dit het my laat besef dat selfs iets soos ’n rok jou kan laat glo in jouself en jou eie waarde. Vir ander mag dit dalk lyk soos enige ander rok, maar vir my was die rok uniek, besonders en vol karakter. Die skittering van die materiaal het nie net buite gestraal nie, maar ook binne-in my. My rok het my laat voel soos die beste weergawe van myself — vol hoop, trots en dankbaarheid vir hoe ver ek al gekom het.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Eerlikwaar, ek kan nie sê daar was net een gunstelingdeel van my rok nie, want alles daaraan was vir my wow! Maar as ek moet kies, was dit beslis die verskillende kleure wat saamgesmelt het — dit het gevoel asof ek self kon besluit watter energie ek wil uitdra. Elke kleur het sy eie storie vertel. Die snit van die rok en die styl van die sleep was ook een van my gunsteling dele, want dit het my laat voel soos ’n regte prinses 👸. Ek voel my rok het regtig uitgeblink. Die turquoise kleur was iets besonders — jy kry dit nie sommer nie — en dit het die hele voorkoms afgerond met ’n sagte, dromerige glans.

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media