Ek wou iets hê wat stylvol en vroulik is sonder oordadigheid. My inspirasie was minimalistiese elegansie – iets wat ek oor tien jaar nog mooi sal vind. Ek het gekyk na klassieke Hollywood-silhouette, maar met ’n moderne kleur wat my persoonlikheid weerspieël.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Ek is verlief op my rok se kleur — die diep oranje lyk anders as die tipiese kleure. Ek hou ook van hoe perfek dit aan my pas; dit voel soos iets wat vir my gemaak is, nie net aangetrek is nie.