Emma Bornman
Helpmekaar Kollege
Ouderdom
17
Skool
Helpmekaar Kollege
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Ek het nog altyd baie idees en planne gehad vir my matriekafskeidsrok … Met ons eerste besoek aan Natasha van VNG Designs het alle idees by die venster uitgewaai… ek moes ‘n paar rokke aanpas, en die eerste rok was hierdie styl. Ek was dadelik verstom en verlief op die styl. Van daar was dit ‘n natuurlike organiese proses - vanaf die materiaal keuse tot elke klein detail op my rok. Elke passing was soos ‘n avontuur met ‘n onbekende eindbestemming.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
‘Eenvoud met styl’ was nog altyd my keuse vir mode. Ek is ‘n Protea skut, en omdat ek ongelooflik baie tyd op die skietbaan spandeer, is daar min tyd vir “opdress” en mooimaak. Daarom het ek besluit om voluit te gaan met my matriekafskeidrok… Ek het eenvoud glans gegee met die keuse van materiaal en ek wou ‘n voorkoms skep wat ver verwyderd is vanaf enige skietbaan.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Omdat die maak van my rok ‘n baie natuurlike proses was, en daar ook geen “eind-idee” was nie, was elke passing opwindend! Natasha het gefokus op my liggaamlike bou wat gelei het tot ‘n lae ruglyn. Dit is een van my gunsteling dele van my rok! Ek het seker gemaak ek is gelukkig met elke klein blink blaartjie wat sorgvuldig geplaas is, en saam-saam het ons my droomrok gemaak.
Datum van matriekafskeid
2025-10-04