Isabella Maree

Hoërskool Swartland

Ouderdom

18

Skool

Hoërskool Swartland

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My bloedrooi rok het n baie eenvoudige maar tog elegante styl. Ek het n sweeheart neckline gekies om n bietjie vel aan die bokant van my lyf te wys op n elegante manier. Die rok het agter n groot struk met n sluier wat langer is as die rok self. Die rok het n pragtige slit om n bietjie van die linker been te wys sodat almal die bene en skoene kan sien. Die rok is self gemaak van barbie materiaal wat dit lekker lig gemaak het om te dra.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My rok was geinspireer deur een van my gunsteling karakters, Elena Gilbert, se matriekafskeidrok van die tv-reeks “The Vampire Diaries.” Haar rok het vir my ń basis geskep vir n idee van wat ek gehad het. Ek wou gehad het my rok moes dieselfde lyk maar ook heeltemal anders. Ek het my pen gegryp en begin skets en n paar tekeninge later, kom ek by my perfekte rok uit wat uit en uit by my persoonlikheid gepas het.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My gunsteling deel van my rok was die feit dat dit deur my ouma gemaak was. Sy het 20 jaar laas matriekafskeidrokke gemaak en het besluit om een laaste keer een te maak vir haar kleindogter. Sy het my visie in realiteit geskep en die dag toe ek die rok aanpas het sy n manier gekry om dit beter te laat lyk as wat ek ooit kon gedroom het. Haar liefde en moeite wat sy in die rok ingesit het, sal altyd my gunsteling deel bly. Alhoewel ek net die rok een keer kon dra, sal ek ons herinneringe aan die ontwerp van die rok vir die res van my lewe saam met my kan dra.

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media