Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Ek het nie ’n spesifieke ontwerpkeuse in gedagte gehad nie. Die dag toe ek gaan kyk het, was my keuse die eerste rok van omtrent ses rokke wat ek aangepas het, en ek was dadelik mal oor die rok.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
My inspirasie vir my matriekafskeidrok was ’n moderne, stylvolle voorkoms wat mooi en figuurpas was. Ek het iets gesoek wat selfvertroue uitstraal en terselfdertyd elegant bly.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My gunsteling deel van my matriekafskeidrok was hoe gemaklik ek daarin gevoel het. Ek het dadelik geweet dis die regte rok vir my—met die eerste oogopslag het ek alles gekry waarna ek gesoek het.