Daniëlle Herbst

Oranje Meisieskool

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse


Skool se matriekafskeid bygewoon?

Oranje Meisieskool

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek wou iets he wat tydloos is, iets wat net so elegant sou wees oor 20 jaar, as vandag. My inspirasie het gekom uit die klassieke styl van die 1950's, met vol rompe en sagte, vroulike lyne wat herinner aan ou Hollywood-glamour. (Want eintlik hoort ek op in 1950 filmstel...) Die lengte en styl het iets van Grace Kelly gehad, maar die eenvoud het dit vars en jonk gemaak. Ek wou voel asof ek uit 'n sprokie stap, eenvoudig, lig en dromering. Dit moes eenvoudig wees maar ek wou steeds aandag trek, die soort rok wat niks hoef te bewys nie, maar net elegant is in haar stilte. Die ontwerp moes dus klassiek wees, sonder oordadigheid, maar met genoeg detail om dit uniek te maak. En natuurlik moes die rok iets van my persoonlikheid wys: sag, natuurlik en klassiek.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van die wye, swaaiende romp. Elke keer as ek beweeg het, het dit gevoel soos 'n sagte wolk wat om my vou, dit het gevoel of ek dans en sweef al staan ek stil.

Datum van matriekafskeid?

2025-10-02

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media