Die inspirasie vir my rok kom uit die idee om vroulikheid en selfvertroue op ’n elegante manier uit te druk. Ek wou iets hê wat klassiek en tydloos lyk, maar steeds modern en kragtig voel. Die koningsblou kleur is gekies omdat dit kalmte en innerlike sterkte uitstraal, terwyl die eenvoudige snit en styl my eie natuurlike skoonheid laat uitstaan
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My gunsteling deel van my rok is beslis die elegante hoë skeur aan die sykant — dit gee die rok ’n selfversekerde en stylvolle gevoel, terwyl dit steeds klassiek en verfynd bly. Dit laat my vry, gemaklik en mooi voel en of dit vir my gemaak was .