Nikita Olckers

Aspiration Academic

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse


Skool se matriekafskeid bygewoon?

Aspiration Academic

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek dans al van n jong ouderdom af en ek wou van die inspirasie van my danskostuums in my rok in gekorporeer het en so het my rok se styl agtervolg. My matriekafskydrok bestaan uit vier dele eerstens die korset wat totaal en al met die hand gewerk was, volgende was die mini rompie toe die groot romp wat aan die korset vashak en laastens die skouer wat soos n trein agterna sleep. My moeder het die hele rok self gemaak en dit bring n tipe van nostalgie nadat sy ook al my danskostuums al my lewe lank ook vir my gemaak het en ek sal oneindig dankbaar wees.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Ek sal se my gunsteling deel van my rok is dat hy uit vier dele bestaan, wanneer ek op die dansvloer wil begin sokkie en die aand met vriende wil geniet kan ek die groot deel van die romp en die trein (skouer) afhaal en met gemak op die dansvloer beweeg, maar oor die algemeen sal ek se die hele rok is my gunsteling en ek sou nie die rok vir enige ander verruil nie.

Datum van matriekafskeid?

2025-09-26

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media