Emsuné Bertram

Hoërskool Voortrekker

Ouderdom

18

Skool

Hoërskool Voortrekker

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Megan van Megan Design Studio

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek het nog altyd gehou van blomme en geweet iewers in my rok moet daar blomme in wees , my idee van my matriekafskeidrok was n rok wat gemaklik is maar steeds elegant lyk. Ek het by die pienk kleur uitgekom omdat dit vir my die perfekte balans is tussen sag en elegant — uniek, dromerig en vol selfvertroue, net soos ek op my matriekafskeid wil voel. Hierdie is ‘n tydlose, klassieke ontwerp en die “sash” van die middellyf af voltooi die voorkoms van die rok.Ek het besluit op ‘n kant korset met geplooide detail en nou passende “slit” rok in ‘n sagte pink kleur.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriekafskeidrok beteken vir my regtig baie, want dit is meer as net iets wat ek aangetrek het vir een aand. Dit wys iets van wie ek is en hoe ek oor die jare gegroei het. Die kleur en styl van my rok pas perfek by my persoonlikheid – sag, vroulik en vol selfvertroue. Toe ek hom vir die eerste keer aantrek, het ek dadelik geweet dis die regte een. Ek het mooi, spesiaal en trots gevoel – soos die beste weergawe van myself. Dit was vir my ’n groot oomblik, want dit het my laat besef hoe ver ek al gekom het deur my skooljare, al die moeilike tye, en hoe baie ek verander en volwasse geword het. Elke keer as ek aan daardie aand dink, onthou ek die opgewondenheid, die glimlagte en die gevoel van om iets besonders af te sluit op ’n mooi manier.

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media