Ané Huisamen

Augsburg Landbougimnasium

Ouderdom

18

Skool

Augsburg Landbougimnasium

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Die rok is n pragtige aandrok in n sagte geel kleur. Dit is strapless met n korset bostuk wat van n deursigtige materiaal gemaak is. Die rok het n slit wat n biedjie glans en selfvertroue byvoeg by die elegante voorkoms van die rok. Die vloeiende materiaal aan die onderkant laat dit lig en vroulik voorkom.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek wou graag n rok kies wat uniek is en nie baie gesien word nie, dus het ek n sagte geel rok gekies. Die rok het my as persoon baie goed uitgebeeld. Die sagte geel kleur simboliseer sonlig en vrolikheid. Die snit gee n sagte romantiese en vroulike gevoel met n bietjie moderniteit. Al die verskillende aspekte van die rok het n deel van my uitgebeeld wat die rok nog meer spesiaal gemaak het.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Die korset bostuk, die sagte vloeiende materiaal en die kleur.

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media