Skoenlappers het my nog altyd gefasineer, al hulle kleure en patrone. Die bloues was altyd vir my die mooiste daarom is my rok se basis blou, dit pas ook by my oë en vel. Ek het vandat ek 9 jaar oud was, groot skoenlapper plakkers op my kamerdeur en die dag toe ek sit en my rok ontwerp het dit my oog gevang en toe teken ek net al hoe meer en meer totdat my rok vol skoenlappers was. My ma sê ook altyd as sy ‘n skoenlapper sien, herinner dit haar aan my oorlede ouma, na wie ek vernoem is.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Hoe my rok “twirl” en al die verskillende kleure, teksture en groottes van die skoenlappers.