Jessica paterson
Homeschooling
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Afrikaans Hoer seunskool
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Die inspirasie het oorspronklik van my ouma gekom 'n jaar terug oorlede is. Sy het my altyd haar mooiste blommetjie genoem, so ek het geweet wat ek ook al doen, daar sou blomme in my rok moes wees, en die ligpienk kleur het net wonderlik by die idee gepas, want dit het die rok sag en prinsesagtig gemaak.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Eerlikwaar, ek het oor die vraag gedink en dit is regtig moeilik vir my om te beantwoord, want alles in die rok het dit gemaak. Wanneer jy dit begin uitmekaar haal, sou dit nie dieselfde wees nie. Die sleep was egter heel waarskynlik my persoonlike gunsteling, dit het my regtig soos 'n prinses laat voel, dit het ook mense gelok omdat dit nie 'n gewone matriekafskeidrok was nie.
Datum van matriekafskeid?
2025-10-09